Die fokus van die StudyMagix materiaal is om aan studente 'n opeenvolgende perspektief te verskaf van die materiaal, op só 'n manier dat hulle elke nuwe tegniek een-op-'n-slag kan verwerk. Vir dieselfde rede word studente na elke module verplig om te stop en eers 'n oefening te doen, waarin daar vrae is oor die tegniek wat hulle so pas bestudeer het. Hierdie oefeninge moet aan StudyMagix gestuur word, en slegs as dit bevredigend afgehandel is sal die sleutelwoord vir die volgende module aangestuur word.

Om te sien hoe die kursus-materiaal tipies sal lyk, en ook om te ervaar hoe die oudio-visuele verryking van hierdie materiaal werk, klik op die demo hieronder.
Hieronder is 'n lys van kursusse vir 'n spesifieke graad, vir 'n spesifieke kwartaal. Wanneer 'n kursus gekies word, deur eers die graad te kies, sal u gevra word vir 'n sleutelwoord, wat slegs van StudyMagix af verkry kan word. Registrasie is daarom baie belangrik.

Indien u 'n kursus wil versoek wat nie hier gelys word nie, kontak ons gerus in hierdie verband
GRAAD 4                                                                     GRAAD 5
Demonstrasie van Analitiese Meetkunde: Sirkels
GRAAD 6                                                                      GRAAD 7
GRAAD 8                                                                     GRAAD 9