In 'n era waar bandwydte nog 'n relatiewe groot probleem vir baie mense is, is dit gerusstellend om te kan weet dat die groottes van die videos wat deur StudyMagix verskaf word, regtig baie klein is.

Ons kan u lank besig hou met tegniese verduidelikings en vergelykings tussen verskillende video-formate, maar dit gaan eintlik baie meer selfverduidelikend wees om dit aan die hand van voorbeelde te demonstreer.

Die Khan Academy is internasionaal bekend vir fasiliteite soos wat ons ook hier bied. Hulle maak egter gebruik van YouTube, en skep hulle videos deur middel van "screen recording" sagteware, voordat hulle dit op YouTube plaas. Ons het 'n standaard video geneem vanaf die Khan Academy se YouTube kanaal, en dit afgelaai om die grootte te bepaal. Klik hier vir die video in YouTube.


Die grootte van die video (in flv-formaat) van Garfield se bewys van die stelling van Pythagoras:
8min 55 sekondes
12.8MB
Met ons eie sagteware (smf-formaat wat op hierdie webtuiste en in die TeachMe program speel)
7min 39 sekondes
1.3MB
Ons het egter nog verder gegaan, en ons eie video na avi-formaat toe omgeskakel, om te sien hoe groot dit sal wees as ons dieselfde kwailiteit wil behou (onthou, ons eie videos is ho-definisie (HD)), maar ons het dit met Microsoft Video1 Codec verwerk ("compress")
7min 39 sekondes
133.6MB
Daarna het ons dit omgeskakel na mp4-formaat toe:
7min 39 sekondes
12.2MB
Dinge het nou interessant begin raak, en ons het besluit om 'n paar verdere eksperimente te doen, onder andere om te sien hoe groot die ler sal wees as ons geen Codec gebruik nie ('uncompressed"), en 'n video gemaak oor Enkelvoudige Rente.
In ons eie formaat
4min 58 sekondes
1.07MB
In Video1 Codec
4min 58 sekondes
84.8 MB
In mp4-formaat
4min 58 sekondes
34.9MB
Sonder Codec - suiwer Ho-definisie
4min 58 sekondes
1085.6MB (1.08GB!)
Dit is te groot om af te laai, maar klik hier vir 'n foto van ons skerm wat dit bevestig
U behoort dus baie duidelik te sien dat die gehalte van die videos wat StudyMagix lewer, teenoor die groottes, absoluut uniek is in die wreld van videos en "screen recorders", en definitief nie 'n maand se Bandwydte in een middag, of selfs in die maand, gaan opgebruik nie.

Ter wille van verdere bevestiging, en dat ons regtig nie die data kook nie, het ons 'n verdere video gemaak, en dit omgeskakel na Video1 Codec avi-formaat, asook mp4-formaat. U kan dit hieronder aflaai om self ondersoek in te stel na moontlike verdere video-omskakelings indien u sou verkies om te kyk hoe klein dit gemaak kan word, en om dan die kwaliteit te bestudeer.
Die Volume van 'n Silinder
avi-formaat    33.7MB
3.1MB